Deur die Bril van My Broer

Die Blog

Die lewe deur die bril en die oë van My Broer se Braai Bril gekyk, as jy stil sit en fyn luister hoor jy die geraas van die hart.

My Broer

Sy klappe brand, sy woorde ego.

Deur Die Bril

Jy hoef nie in elke gat te trap of in elke strik te val nie. Iemand het al reeds.

By Die Vuur

Die vleis leer jou niks. Die wag leer jou alles.

Die Handves

Deur My Broer se Braai Bril: Hoekom die Braai Bril... die ontstaan

Elke man het 'n Broer nodig. Nie 'n perfekte een nie, net een wat al deur die vuur geloop het en die pad wys. Hierdie is die storie van hoekom ons MBSBB gebou het.

27 Junie 2026
BinnekortDeur Die BrilOor twee weke· Gedeel deur ’n Broer

Die slagter se oordeel: "Wat 'n vermorsing!"

Elke jagseisoen hoor jy dieselfde oordeel by die slaghuis: "Boet, kyk hoeveel vleis jy met daardie skoot gemors het!" Hulle blameer die skoot, selde die koeël. 'n Broer het die waarheid al deur sy Bril gesien. Binne twee weke toets een van ons lesers 'n .308 en Peregrine koper teen die slagter se oordeel. Binnekort, deur die Bril.

Lees die voorskou

Deur Jou Bril

Elke Broer sien die vuur anders.

Dis die hele punt. Terwyl die volgende storie nog skryf, vertel ons joune: wat sien jy deur jou Bril? ’n Les wat jou duur geleer het, ’n waarheid wat jy sou wou hê iemand jou vroeër gesê het. Ons lees elke een. Die wat brand, sit ons hier op die muur.

Deur al die beproewinge skyn die son elke dag.
Deon Herbst · Upington
My pa het my geleer: die vuur vra geduld, nie hout nie. Ek het dertig jaar gevat om te verstaan hy het nooit van die vuur gepraat nie.
Kobus · Bloemfontein
Niemand sê vir 'n jong man dat sterk wees beteken om te kan vra vir hulp nie. Ek wens iemand het my dit vroeër gesê.
Riaan · Mosselbaai
Die beste raad wat ek ooit gekry het was by 'n vuur, na middernag, van 'n man wat min gepraat het. Luister vir daai stil manne.
Tinus · Polokwane

Niks word outomaties gepubliseer nie. Ons lees elke inskrywing en plaas net die wat ons kies. Jou e-pos word nooit gepubliseer nie.